Meer oor Eikenhof

Eikenhof Hostel – Ideale verblyf vir die voorgraadse en senior studente!

  • Geleë in die gewilde en baie veilige area in Stellenbosch (naby Teologie Fakulteit).
  • Omtrent 900m vanaf sentrale deel van kampus en stap afstand van alle winkels.
  • 52 goed toegepaste kamers (46 enkel, 6 dubbel) in ‘n dubbel verdieping gebou.
  • Akkommodasie aan voorgraadse en senior/nagraadse damesstudente.
  • Ingeskakel by PSO (Private Studente Organisasie) van die Universiteit van Stellenbosch.
  • Huislike atmosfeer.

     

Die volgende is ingesluit by akkommodasie:

  • ‘n Gemeubileerde kamer (bed,  matras, lessenaar, stoel, ingeboude kaste, gordyne en wasbak).
  • Kamers word weekliks skoongemaak en alle publieke areas daagliks vanaf Maandag tot Vrydag.
  • Kombuis waar elke student self kos voorberei.
  • Badkamers word deur alle studente gebruik.
  • Wasmasjiene en tuimeldroërs.
  • Elektrisiteit.
  • DSTV en Wi-Fi.

 

Elke student is verantwoordelik vir sy eie:

  • Beddegoed en handdoeke.
  • Ketel, klein yskas, waaier.
  • Messegoed en breekgoed.
  • Kombuis toebehore vir eie gebruik.

Eerstejaar studente van Eikenhof Hostel word gedurende die oriënteringsweek soggens deur die Huiskomitee na die onderskeie PSO’s  vergesel vir o.a  besoeke aan die verskillende fakulteite, registrasie, bekendstelling aan die universiteit asook die akademiese prosedures van die universiteit en skakeling met ander koshuise.

Saans word byeenkomste in Eikenhof Hostel gehou om koshuisreëls, die Huiskomitee en medes-tudente beter te leer ken. Dit is ‘n baie vol program, maar aan die einde van die week stem almal saam dat dit die moeite werd was.

Eikenhof verskaf nie etes nie.

Eerstejaar studente is welkom om aan die einde van die jaar heraansoek te doen vir die opvolgende studiejare wat voorlê.  Die meeste van ons dames woon in Eikenhof vir hul volle studie termyn.

Ons is baie trots op die kultuur van meelewing en kameraadskap wat oor baie jare in Eikenhof gevestig is en juis daarom is ons studente volwaardige en volwasse dames in die ware sin van die woord.

 

Eikenhof bied aan ons inwoners ʼn huis-weg-van-die-huis. Ons ervaar dit as ʼn veilige vesting waar hegte bande met lewenslange vriendinne gevorm word.  In ons huis is akademie ons eerste prioriteit.  Ons respekteer dus ons medemens en gun elkeen die geleentheid om haar volle potensiaal te bereik. Hier gryp ons geleenthede binne die koshuis aan en geniet elke oomblik daarvan.

 

Die Huiskomitee dien as basis van die huis.  Ons dra elke dame se belange op die hart en so probeer ons ook ʼn middeweg vind wat vir almal gerief en veiligheid verskaf. 

 

Ons dien as die skakel tussen die Inwonende Hoof asook die eienaar van Eikenhof Trust en probeer altyd ons bes om studente te help waar ons kan.  Ons werk jaarliks aan ‘n wonderlike program vir ons nuwelinge om elke dame te help om in te skakel en so ook mekaar beter te leer ken. Alhoewel ons ‘n privaat instansie is, skakel ons ook by die Universiteit in.

 

Die dames word outomaties deur die Universiteit opgedeel in verskillende PSO’s en vorm dan sodoende deel van die Universiteit se verwelkomingsprogram. 

At Eikenhof we offer our residents a home away from home. We experience this as a secure fortress where close ties with lifelong friends are formed.

In our Eikenhof Home, academics are our first priority. We therefore respect our fellow human beings and give everyone the opportunity to reach her full potential. This is where we seize opportunities within the residence and enjoy every moment of it.

The House Committee serves as the foundation of the house. We carry every lady’s interests at heart and therefore ensure a safe and happy environment.

We serve as the liaison between the Manager as well as the owner of Eikenhof Trust, and the inhabitants.

It is always a privilege to prepare a wonderful welcoming programme for our newcomers to enable every lady to get involved and to get to know each other better.

Although we are a private institution, we also interact with activities of the University.

The newcomers are automatically divided into different PSO’s by the University and we then assist the students to become part of the University’s welcoming program.

WhatsApp Image 2021-03-04 at 15.37.31