Eikenhof Manor

Eikenhof Manor is geleë in Groeneweidestraat 5, Stellenbosch, aangrensend aan die universiteitskampus, binne stapafstand van die hoofkampus, talle restaurante, kuierplekke, Museums, Eikestad Mall, winkels en kerke.

 

Eikenhof Manor bied huisvesting aan 24 senior/nagraadse studente verbonde aan die Universiteit Stellenbosch, met luukse, baie netjies toegeruste kamers, asook genoegsame badkamers en kombuise wat gedeel word.

 

Ons keuring vind deurlopend plaas, maar word in Augustus van elke jaar gefinaliseer waarna die koste van akkommodasie aan u voorsien sal word.

 

Die akkommodasie fooie sluit egter die volgende dienste en voordele vir u in om ‘n aangename verblyf in Eikenhof Manor te verseker:

 

Gesamentlike

Woonkamers

Dit is ons gemeenskaplike leef-areas wat toegerus is met DSTV.

Kombuis

Op elke vloer is ‘n goed toegeruste ruim kombuis waar die studente hul eie kos maak. Die kombuise is toegerus met ‘n stoof, mikrogolf, ketel, broodrooster, gesamentlike groot yskas, vrieskas, ens.

 

Wasgeriewe

 

Ons het ‘n sentrale selfhelp wasgoed area op die grondvloer asook op die eerste verdieping. Beide areas is toegerus met automatiese wasmasjieneen tuimeldroërs. 

Skoonmaak-dienste

 

Ons beskik oor weeklikse skoonmaakdienste vir die kamers. Eikenhof Manor is verantwoordelik vir die skoonmaak en onderhoud van al die gemeenskaplike areas, geriewe en die res van ons gebou is baie goed onderhou en word op ‘n daaglikse basis skoongemaak.

 

Wi-Fi

 

Bekostigbare internet koepons is maandeliks beskikbaar en te koop in die Manor.

 

Braaigeriewe

 

Ge-identifiseerde ontspan area waar die inwoners van Eikenhof Manor kan braai, ontspan en gesellig verkeer.

 

Water en Elektrisiteit

 

Inwoners moet maandeliks bydra tot die koopkrag as deel van  die kragbesparingsmaatreël.

 

Fietse

 

Daar is ook voorsiening gemaak vir ‘n toesluit, veilige en baie doeltreffende area op die perseel vir jou fiets.

Enkelkamers

 

Luukse gemeubileerde kamers met enkelbed, matras, lessenaar, stoel, kas en gordyne in elke kamer. 

Studente is self verantwoordelik vir die volgende items:

Vir jou kamer benodig jy:-

 

Beddegoed, d.w.s. linne, kussings, ekstra komberse.

Klein Yskas. (± 1.45m hoog en .05m breed met ‘n redelike vries ruimte)

Ketel, waaier, vullis sakkies vir vullisblikkie, vullisblikkie,

Bedlampie en jou eie toiletpapier.

Geen verwarmer word in kamers toegelaat nie.

‘n Los mat kan ook ‘n warm atmosfeer skep.

 

Om in die kombuis te gebruik:-

 

Breekware en eetgerei. Glase, potte en panne, klein oondpan, kombuisgereedskap, glas- of plastiese bak vir mikrogolf-oond, eierspaan, blikoopmaker, vadoeke, opwasmiddel, ens. 

(Alles wat jy sou gebruik om vir jouself lekker kos te maak.)

Genoegsame parkeerruimte op die perseel vir u motor agter ‘n veiligheids-heining is teen ‘n vasgestelde tarief te huur.

 

Ons is baie trots op die kultuur van meelewing en kameraadskap wat oor die afgelope 5 jaar (ontstaan van Eikenhof Manor deur Eikenhof Trust)  in die Manor gevestig is en juis daarom is ons studente volwaardige, volwasse en doelgerigte studente in die ware sin van die woord.

 

 

Eikenhof Manor is located in 5 Groeneweide Street, Stellenbosch, adjacent to the university campus, within walking distance from the main campus, numerous restaurants, museums, Eikestad Mall, shops and churches.

 

Eikenhof Manor offers accommodation to 24 senior/postgraduate students at Stellenbosch University, with luxurious, very neatly equipped rooms, as well as ample shared bathrooms and kitchens.

 

Our selection takes place continuously, but will be finalized in August of each year after which the cost of accommodation will also be provided to you.

 

The accommodation fees, include the following services and benefits for you to ensure a pleasant stay in Eikenhof Manor:

 

2 Living Areas

 

These are our common living areas, both equipped with DSTV.

 

Kitchen

 

On each floor is a well-equipped spacious kitchen where students make their own food. The kitchens are equipped with a stove, microwave, kettle, toaster, shared large fridge, freezer, etc.

 

Laundry Facilities

 

We have a central self-help laundry area on the ground floor as well as on the first floor. Both areas are equipped with an automatic washing machine and a tumble dryer.

Cleaning Services

 

We have weekly cleaning services for the rooms. Eikenhof Manor is responsible for the cleaning and maintenance of all common areas, facilities and the rest of our building is well maintained and serviced on a daily basis.

 

Wi-Fi

 

Affordable internet coupons are available monthly and for sale in the Manor

 

Braai facilities

 

Identified relax area where the residents of Eikenhof Manor can braai, relax and socialize.

 

Water and Electricity

 

Residents must contribute monthly to the purchasing power as part of the power saving measure.Water is however included in your annual accommodation fees.

Bicycles

 

We have a lock-up, safe and very efficient area on-site area for your bike.

Single Rooms

 

Luxury furnished rooms with single bed, mattress, desk, chair, cupboard and curtains in each room.

Each student has to supply her own:

Bedroom

 

A normal 3 speed fan.

Bedding, i.e. linen, pillows, extra blankets

Small Fridge. (± 1.45m high and 0.5m wide with a reasonable freezer)

Garbage bags for your little trash container in your room.

Bedside Lamp.

Own Toilet paper.

A loose mat can also create a cosy atmosphere. (Optional).

 

Kitchenette

 

Crockery, cutlery, glasses, pots, pans, small oven pan, kitchen utensils e.g. dish for microwave, spoons, egg lifter, can opener, dish cloths, sunlight liquid,  etc.  (Virtually everything you might need to prepare and cook our own meals.

No heaters or Air Conditioners are allowed in your room.

 

We are proud of the culture of compassion and camaraderie that has been established over the past years (origin of Eikenhof Manor by Eikenhof Trust) in the Manor.